Woiwodskap Groot-Pole

Vlag van die Woiwodskap Groot-Pole
Vlag van die Woiwodskap Groot-Pole
Woiwodskap
Groot-Pole
Kaart
Wapen en vlag
Wapen van Groot-Pole Vlag van Groot-Pole
Basiese gegewens
Hoofstad: Poznań
Woiwode: Piotr Florek
Woiwodskapsmaarskalk: Marek Woźniak
Grootste stad: Poznań
ISO 3166-2: PL-WP
Nommerplate: P
Bevolking: 3 455 477 (2011)
Bevolkingsdigtheid: 116 inw./km²
Geografie
Oppervlakte: 29 826 km²
- waarvan land: ? km²
- waarvan water: ? km²
Strekking: Noord-suid: tot 230 km
Wes-oos: tot 220 km
Hoogste punt: 284 m bo seevlak
(Kobyla Góra)
Laagste punt: 21 m benede seevlak
Landskapstruktuur
Bosse: 25,7 %
Waterliggame: ? %
Landbou: 60,1 %
Ander: ? %
Administratiewe indeling
Selfregerende stede: 4
Powiat (landelike munisipaliteite): 31
- Nedersettings sonder stadstatus: 226
- Stedelike nedersettings: 108

Die Woiwodskap Groot-Pole, Pools Województwo wielkopolskie, met Poznań as sy administratiewe sentrum, is een van 16 woiwodskappe in die Republiek van Pole. Dit is met die administratiewe hervorming van 1999 deur die samesmelting van die vroeëre woiwodskappe Poznań (1975–1998), Kalisz, Konin, Piła en Leszno geskep. Met 'n oppervlakte van byna 30 000 km² is dit die tweede grootste woiwodskap ná Masowië en met 'n bevolking van meer as 3,3 miljoen ook een van die mees bevolktes.

Na die westelike deel van Pole rondom Poznań word sedert die 13de eeu as Polonia maior (Latyns, "Groot-Pole"; Pools Wielkopolska) verwys. Dit het sentraal gestaan in die Wes-Slawiese Polane-stam se suksesvolle vereniging van verskillende stamme in 'n gemeenskaplike Poolse staat – 'n proses wat hom in die 10de eeu afgespeel het.

Die platteland van Groot-Pole word van oudsher vir landboudoeleindes gebruik. Die historiese streek het geen presiese natuurlike grense nie, maar word rofweg deur die rivierlope van die Drawa (Duits: Drage), Obra en Barycz (Bartsch) van Pommere, Neumark, Brandenburg en Silesië geskei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne